Catharina Ernestina Sophia Meyer

16 Mei 1896 7 Januarie 1948

 

My ouma Erna, na wie ek vernoem is, is na n lang siekbed oorlede n jaar voordat ek gebore is. Sy was bedlend toe haar oudste dogter, Martha, my ma, drie weke voor haar dood getrou het. Ek dink die skadu die aura? - van my wonderlike ouma het my kinderdae benvloed. My liefdevolle, saggeaarde, stil ma het nie baie gepraat nie, maar ek was altyd daarvan bewus dat sy dink dat haar ma, my ouma, niks minder as n engel op aarde was nie.

 

My ma het my n paar staaltjies van haar ma vertel of liewer klein blikkies op wie sy was. My ma was nie spraaksaam nie. Sy het genoem dat ouma Erna as jongmeisie n liefdesteleurstelling gehad het, en dat sy met n gebroke hart die wewenaar-sendeling getrou het wat 24 jaar ouer as sy was. Sy het toe haar hele hart en siel en krag in haar plig as goeie vrou vir hom gestort en hom agt kinders gebaar: drie dogters en vyf seuns. Haar eerste kind, n dogter, is vernoem na haar man se vorige vrou: Martha. Toe my ma baie hartseer was oor haar baba-sussie wat net veertien dae gelewe het, het Mutti Erna haar getroos: Die Liewe Here weef n pragtige tapisserie uit al die menselewens. Hy het allerhande kleure nodig ook fyn, goue drade, zum leuchten. Jou baba-sussie se lewe is een van daardie goue draadjies.

 

Mutti Erna het n groot groentetuin bewerk, om aan haar gesin se behoeftes te voorsien. Sy het altyd blomme tussen die groente geplant. Sy het hoenders aangehou, en eiers verkoop vir n ekstra geldjie. Sy het vir haar kinders onderklere uit uitgewaste meelsakke gemaak. Sy het n koei aangehou, en die ekstra melk, botter en kaas verkoop. Eendag het sy in die melkkamer op n muis afgekom wat rondswem in n pan melk wat sy uitgesit het. Sy het die melk saam met die muis uitgesmyt, en in trane die muis uitgeskel: Du Teufel! (jou duiwel!) Dit was die sterkste, en die enigste gekruide taal wat my ma ooit uit haar mond gehoor het.

 

Toe my ma gebore is, het Mutti Erna vir haar n mirtestruik geplant. Die Duitsers gebruik die mirte-blommetjies van ouds af vir die vleg van die bruidskroon. My ma se struik het welig gegroei, maar die een wat sy vir haar tweede dogter, Dot, geplant het, het doodgegaan. Dot het nooit getrou nie. My ouma het haar twee dogters anders behandel. Martha was haar regterhand, die werker. Dot was veroorloof om te l en lees. Dit was seker nie lekker vir my ma nie, maar ek bewonder my ouma wat kon sien dat Dot die akademikus nie domesticated was, of ooit sou word nie.

 

My ouma het n losieshuis op Ventersdorp bedryf, vir plaasboere se kinders wat op die dorp moes kom skoolgaan. Sy het of daar, of op die sendingstasie gewoon. Paasoggend voor die son opkom oor die rante, het sy haar kinders wakkergemaak, en buitetoe geneem, om te kyk hoe die dag breek. Wanneer die son deur die boord en oor die vlaktegras begin dans, het sy ges: Kyk! Die hele skepping juig oor die Heiland wat opgestaan het!

 

My pa, Jan Harm Schutte, het die volgende oor Mutti Erna in sy familie-boek geskryf:

 

Catharina Ernestina Sophia Meyer is in die Wittenberg-gemeenskap, op die plaas Umkonto van Duitsprekende ouers gebore. Haar pa, Christoph Meyer, was n boer, die seun van n Duitse setlaar, en het aan Boere-kant teen die Engelse geveg tydens die Anglo-Boere oorlog n bittereinder. Haar ma, Ella Lesemann, was n onderwyseres uit Duitsland, van Hamel an der Wesel. Ella en haar dogtertjies was in die Volksrus konsentrasiekamp, en is daar oorlede. Na die oorlog is die kinders met hulle vader herenig en terug Umkonto toe. Erna het op Wittenberg std 6 voltooi. Plaasnooi tot haar troue met JHG Schnell in 1921. As sendingvrou het sy haar man bygestaan en ondersteun in sy taak oa by swart skole in naaldwerk onderrrig.

 

Niemand kon soos Mutti jamtertjies bak nie! Haar Duitse disse was sonder weerga. Sy kon n bees en n vark bewerk soos geen ander: worse, polonies, gerook, hamme, ens, ens.

 

n Meer toegewyde en opofferende moeder vir haar kinders kon nooit te vinde wees nie! Mutti Erna het 100 jaar se lewenstake in minder as 52 jaar voltooi.

 

Nog n storie: toe my pa een keer vir my ma aan ouerhuis in Ventersdorp gaan kuier het, het hy n grap gemaak: As my vrou eendag nie vir my wil luister nie, trek ek haar net daar oor my skoot en gee haar n goeie pak slae! My ouers was toe al verloof. Mutti Erna, wat n baie ernstige mens was, het haar dogter Martha later eenkant geroep: Is jy seker jy wil met hierdie man trou, my kind? n Man wat sy vrou sal slaan as sy ongehoorsaam is?

 

My oom Ozzie het vertel dat sy ouma, my ouma Erna se ma, tydens die Anglo-boere oorlog in die konsentrasiekamp oorlede is. Die vader het weer getrou, en stiefma het gladnie van Erna gehou nie. Sy het die ander suster, Frieda, voorgetrek, en Erna soos n bediende behandel. Dit is hoekom sy toe liewers by die skool op Wittenberg gaan werk het, as n soort koshuismoeder/huishoudster, waar die middeljarige sendeling kom vrousoek het.

 

Stuur asb. vir my n epos as jy nog stories oor my ouma kan vertel!